Spring na inhoud

Broer Rasoel Rozbajef

23 MAART 2021
TURKMENISTAN

Broer Rasoel Rozbajef (21) word ’n tweede keer vir gewetensbeswaar skuldig bevind

Broer Rasoel Rozbajef (21) word ’n tweede keer vir gewetensbeswaar skuldig bevind

Uitspraak

Op 16 Maart 2021 het ’n hof in Turkmenistan sy uitspraak gegee in die saak teen broer Rasoel Rozbajef. Hy is tot twee jaar tronkstraf vir gewetensbeswaar gevonnis. Dit is die tweede keer dat hy vir sy neutraliteit skuldig bevind word.

Profiel

Rasoel Rozbajef

  • Gebore: 1999 (Challang)

  • Agtergrond: Het twee ouer susters en ’n jonger broer. Nadat hy met hoërskool klaargemaak het, het hy gaan leer om hare te sny. Geniet dit om sokker en vlugbal te speel en om te swem

    Sy ouers het Jehovah se Getuies geword toe hy nog ’n kind was. Is in 2013 gedoop

Geskiedenis van saak

Op 19 Desember 2017 is broer Rasoel Rozbajef vir die eerste keer skuldig bevind vir gewetensbeswaar teen militêre diens. Hy was tot twee jaar korrektiewe arbeid gevonnis. Hy moes ’n stuk grond voorberei, koring daarop plant en 20 persent van die oes vir die regering gee. Die stuk grond was baie ver van sy huis af. Omdat hy nie vervoer gehad het nie, moes hy daarheen loop.

Volgens die wet in Turkmenistan kan ’n gewetensbeswaarde vir ’n tweede keer skuldig bevind word. Daarom moes hy op 22 April 2020 weer na ’n militêre kantoor gegaan en het hy geweier om militêre diens te doen. As gevolg hiervan moes hy maande lank herhaaldelik na die militêre kantoor gaan waar hy ondervra is, deur dokters ondersoek is en met tronkstraf gedreig is. Sy saak is op 22 Januarie 2021 aan die aanklaers oorgegee.

Rasoel is versterk deur die voorbeeld van ander broers en susters wat dieselfde uitdagings deurmaak. Rasoel sê: “Hulle voorbeeld help my om op Jehovah te vertrou . . . en gee my krag deur moeilike tye. Ek sal vir Jehovah en Jesus bly kan maak as ek getrou is.” Dit is ook ’n toets van geloof vir sy hele gesin. Sy ma verduidelik wat haar versterk het gedurende hierdie tyd: “As gevolg van Bybelvoorbeelde en ons video’s weet ek dat ek nie die enigste een is wat deur hierdie soort uitdaging gaan nie. Ander broers en susters gaan ook hierdeur, en hulle was suksesvol. Hulle voorbeeld gee my die krag om te volhard.”

Rasoel is veral vertroos deur die woorde in Psalm 37:23, 24. Ons weet dat Jehovah hom en ons ander jong, moedige broers sal help om hulle geloof sterk te hou en om getrou en vreugdevol te bly.