13 JANUARIE 2021
TURKMENISTAN
Militêre hof in Turkmenistan vonnis broer Roeslan Artikmiradof tot twee jaar tronkstraf
Op 11 Januarie 2021 het ’n militêre hof in Turkmenistan broer Roeslan Artikmiradof tot twee jaar tronkstraf gevonnis. Dit is die tweede keer dat hy tronk toe gestuur is vir sy neutraliteit.
Ná die beslissing was Roeslan kalm en het hy geglimlag. Toe hy weggeneem is, het hy Jesus se woorde in Matteus 24:13 aangehaal: “Die een wat tot die einde toe volhard, sal gered word.”
Ons word aangemoedig deur die geloof van ons jong broers in Turkmenistan. Hulle is bereid om Jesus se voorbeeld te volg wat baie verduur het “as gevolg van die vreugde wat voor hom gestel is”. – Hebreërs 12:2.