Spring na inhoud

Broer Serdar Dowletof, Junie 2019

9 DESEMBER 2019
TURKMENISTAN

Turkmeense hof vonnis broer Dowletof tot drie jaar tronkstraf vir gewetensbeswaar

Turkmeense hof vonnis broer Dowletof tot drie jaar tronkstraf vir gewetensbeswaar

Op 12 November 2019 het ’n hof in Turkmenistan die 26-jarige broer Serdar Dowletof tot drie jaar tronkstraf gevonnis. Broer Dowletof is een van tien broers in die land wat tot tronkstraf gevonnis is vir gewetensbeswaar. Sewe is in 2019 gevonnis en drie is in 2018 gevonnis. Hulle tronkstraf wissel van een tot vier jaar.

Broer Dowletof is van die stad Bairamali, in die Mari-streek in die suidooste van Turkmenistan. Sy vrou, Soerja, en sy ma, Sonja, is ook Jehovah se Getuies.

Broer Dowletof se hofsaak het op 11 November 2019 begin. Hy het vir die hof gesê dat hy gewetensbeswaar het teen militêre diens as gevolg van sy persoonlike geloofsoortuigings. Drie dokters het ook onder eed gesê dat broer Dowletof ’n chroniese maagseer het, en daarom moet hy vrygestel word van militêre diens.

Ten spyte van hierdie feite het die regter broer Dowletof skuldig bevind van dienspligontduiking en hom in ’n plaaslike detensie-sentrum gesit. Daar word verwag dat hy binnekort by die ander nege broers sal aansluit wat in die wrede strafkamp Seidi aangehou word in die woestyn van die Lebap-streek. Broer Dowletof sal die vonnis appelleer.

Terwyl ons broers in Turkmenistan nog steeds onregverdig behandel word, bid ons vir hulle met geloof in Jehovah se belofte dat hy hulle sal help om moedig en getrou te volhard. – Psalm 37:18, 24.