Spring na inhoud

10 NOVEMBER 2016
TURKMENISTAN

Amnestie vir Getuie-gevangenes in Turkmenistan geweier

Amnestie vir Getuie-gevangenes in Turkmenistan geweier

Op 25 Oktober 2016 het die president van Turkmenistan amnestie verleen aan meer as 1 500 gevangenes. Maar Bahram Hemdemof en Mansoer Masjaripof, twee van Jehovah se Getuies wat in die LB-E/12-strafkolonie in Seidi is, is nie by hierdie amnestie ingesluit nie.

Mnr. Hemdemof word sedert Maart 2015 aangehou omdat hy ’n vreedsame vergadering vir aanbidding in sy huis in Turkmenabad gehou het. ’n Hof in Turkmenistan het hom tot vier jaar tronkstraf gevonnis vir beweerde onwettige godsdiensbedrywighede. Mnr. Masjaripof wat in Junie 2016 in Asjgabad op valse aanklagte in hegtenis geneem is, is tot een jaar tronkstraf gevonnis. Hulle families en Getuies van Jehovah wêreldwyd is teleurgesteld dat hierdie twee mans nie vrygelaat is nie. Maar hulle hoop dat hierdie mans vrygelaat sal word met die volgende amnestie.