Spring na inhoud

20 MAART 2019
TURKMENISTAN

Bahram Hemdemof vrygelaat

Bahram Hemdemof vrygelaat

Op 13 Februarie 2019 is Bahram Hemdemof, wat 55 jaar oud is, uit die Seidi-tronk (LB-E/12) in Turkmenistan vrygelaat nadat hy ’n tronkstraf van vier jaar uitgedien het. Hy en sy vrou, Goelzira, en hulle vier kinders is nou weer bymekaar. Mnr. Hemdemof is op 14 Maart 2015 gearresteer net omdat hy ’n vreedsame godsdiensvergadering in sy huis in ’n gebied van Turkmenabad gehou het. Die streekhof in Lebap het hom op 19 Mei 2015 skuldig bevind. Terwyl mnr. Hemdemof in die tronk was, het die regering in Turkmenistan gemiddeld drie keer per jaar mense in die tronk vrygespreek, maar hy is elke keer geïgnoreer, al is moordenaars wat skuldig bevind is, vrygelaat. Op 15 Augustus 2016 het mnr. Hemdemof ’n klagte ingedien by die VN se Menseregtekomitee (CCPR), maar die saak moet nog verhoor word. Elf van Jehovah se Getuies is nog steeds in Turkmenistan in die tronk omdat hulle weier om militêre diens te doen. Dit is die geval al het die CCPR beslissings teen die regering gelewer omdat hulle jong Getuies vervolg en tronk toe gestuur het vir gewetensbeswaar.