Spring na inhoud

15 FEBRUARIE 2016
TURKMENISTAN

’n Jaar van onregverdige opsluiting in Turkmenistan

’n Jaar van onregverdige opsluiting in Turkmenistan

Hierdie Maart sal dit ’n jaar wees sedert Bahram Hemdemof opgesluit is omdat hy ’n vreedsame godsdiensvergadering in sy huis in Turkmenabad, Turkmenistan, gehou het. Op 14 Maart 2015 het die polisie ’n klopjag op sy huis uitgevoer, hom in hegtenis geneem, erg geslaan, tot vier jaar gevangenisstraf gevonnis en na die Seidi-strafkamp gestuur.

Die grondwet van Turkmenistan waarborg die reg om “enige godsdiens alleen of saam met ander te beoefen” en die reg op “vryheid van oortuigings en die vryheid om hierdie oortuigings uit te spreek”. Maar Bahram is nog steeds onder haglike omstandighede in die tronk net omdat hy sy godsdiens beoefen het. Jehovah se Getuies vra respekvol dat hy vrygelaat moet word.