Spring na inhoud

TURKMENISTAN

Oorsig van Turkmenistan

Oorsig van Turkmenistan

Jehovah se Getuies is al sedert die laat 1980’s in Turkmenistan. Kort nadat die land in Oktober 1991 onafhanklikheid van die Sowjetunie verkry het, het die regering streng beperkings op godsdiensvryheid begin plaas.

Jehovah se Getuies word nie in Turkmenistan wetlik erken nie. Party Getuies is erg geslaan, onwettig aangehou, in hegtenis geneem, boetes opgelê en hulle huise is deursoek omdat hulle hulle godsdiens beoefen. In party gevalle is hulle in hegtenis geneem weens valse aanklagte wat deur die polisie gemaak is. Aangesien Turkmenistan nie voorsiening maak vir alternatiewe burgerlike diens nie, word jong Getuiemans vervolg en gestraf vir hulle gewetensbeswaar teen militêre diens. Jehovah se Getuies het klagtes hieroor gelê by die VN se Menseregtekomitee asook ander internasionale organisasies.

In Oktober 2014 het die President van Turkmenistan amnestie verleen aan agt Getuies wat onwettig in hegtenis geneem is. Die Getuies het hulle waardering vir hierdie positiewe verwikkeling in die openbaar teenoor die regering van Turkmenistan uitgespreek. Hulle hoop dat die regering verdere stappe sal doen om die reg op godsdiensvryheid te beskerm.