Spring na inhoud

14 SEPTEMBER 2016
TURKMENISTAN

Owerheid in Asjgabad neem Mansoer Masjaripof op valse aanklagte in hegtenis

Owerheid in Asjgabad neem Mansoer Masjaripof op valse aanklagte in hegtenis

Polisiebeamptes het Mansoer Masjaripof op 30 Junie 2016 in ’n park in Asjgabad, Turkmenistan, in hegtenis geneem. Die polisie is al sedert die somer van 2014 op sy spoor weens sy godsdiensbedrywighede as een van Jehovah se Getuies. Mnr. Masjaripof, wat 32 jaar oud is, is daarvan aangekla dat hy ’n polisiebeampte aangerand het, al het die polisiebeamptes hom fisies mishandel. Mnr. Masjaripof is voorheen mishandel, selfs gemartel, vir sy vreedsame godsdiensbedrywighede. Op 18 Augustus 2016 het ’n hof in Turkmenistan hom tot ’n jaar tronkstraf in ’n strafkolonie gevonnis. Mnr. Masjaripof het appèl aangeteken teen die skuldigbevinding.