Spring na inhoud

3 MEI 2016
TURKMENISTAN

Die Polisie in Turkmenabad rand persone aan by die Herdenking van Christus se dood

Die Polisie in Turkmenabad rand persone aan by die Herdenking van Christus se dood

Op 23 Maart 2016 het polisiebeamptes ’n vergadering probeer ontwrig wat 20 Jehovah se Getuies in ’n woonstel in Turkmenabad, Turkmenistan, gehou het vir die jaarlikse herdenking van Christus se dood. Die beamptes het buite gewag omdat hulle nie toegang kon verkry nie. Niemand wat die vergadering bygewoon het, het dit gewaag om huis toe te gaan nie en het dus die hele nag daar gebly.

Die volgende dag het vier polisiebeamptes op die balkon geklim en by die woonstel ingebreek. Hulle het party van die Getuies so erg aangerand dat ’n swanger vrou hospitaal toe geneem moes word. Almal is na die polisiestasie geneem, waar twee Getuiemans geslaan is. Op 25 Maart is hulle almal vrygelaat, behalwe een man wat 15 dae lank opgesluit is. Op 19 April het die owerheid sewe van die Getuies met sowat $143 U.S. beboet, al het nie een van hulle ’n hofbeslissing ontvang nie.