Spring na inhoud

Skade aan ’n suster se huis naby die hoofstad Port Vila

17 MAART 2023
VANUATU

Vanuatu deur twee tropiese siklone getref

Vanuatu deur twee tropiese siklone getref

Twee kategorie-4-siklone het Vanuatu tussen 1 en 4 Maart 2023 getref. Die eerste sikloon, Judy, het min skade veroorsaak. Sikloon Kevin het dieselfde gebiede kort daarna getref. Dit het baie skade veroorsaak aan ’n paar eilande in die suidelike deel van die land, insluitende die hoofeiland Efate.

Hoe ons broers en susters geraak is

  • Geen van ons broers of susters het gesterf nie

  • 3 huise is vernietig

  • 30 huise is beskadig, maar nie te erg nie

  • 2 Koninkryksale is beskadig

Noodlenigingspogings

  • Kringopsieners en plaaslike ouermanne vertroos diegene wat geraak is en gee hulle praktiese hulp

  • ’n Noodlenigingskomitee is aangestel om die noodlenigingswerk te organiseer

Hoewel ons broers en susters in Vanuatu deur ’n moeilike tyd gaan, weet ons dat Jehovah sal aanhou om hulle te ‘vertroos en te kalmeer’ in die dae wat voorlê. – Psalm 94:19.