Spring na inhoud

27 JUNIE 2017
VERENIGDE KONINKRYK

Getuies reageer ná ’n verskriklike brand in ’n woonstelgebou in Londen

Getuies reageer ná ’n verskriklike brand in ’n woonstelgebou in Londen

Op 14 Junie 2017 was daar in die vroeë oggendure ’n verskriklike brand in die Grenfell-toring, ’n woonstelgebou met 24 verdiepings in die North Kensington-buurt van Londen. Jehovah se Getuies help die slagoffers van hierdie brand. Volgens die owerheid is ten minste 79 mense in die ramp dood.

Vier Getuies is uit die gebou ontruim waarvan twee in die Grenfell-toring gewoon het. Gelukkig is nie een van hulle beseer nie, al was hulle woonstelle van dié wat heeltemal in die brand verwoes is. Getuies wat naby die gebou woon wat erg deur die brand beskadig is, het kos, klere en geld geskenk aan mede-aanbidders en hulle familie wat deur die ramp geraak is. Die Getuies help ook getraumatiseerde mense in North Kensington deur hulle geestelike vertroosting te gee.

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Verenigde Koninkryk: Andrew Schofield, +44-20-8906-2211

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000