Spring na inhoud

5 AUGUSTUS 2016
VERENIGDE STATE

Jehovah se Getuies verkoop die geboue van hulle wêreldhoofkwartier in Brooklyn

Jehovah se Getuies verkoop die geboue van hulle wêreldhoofkwartier in Brooklyn

NEW YORK—Op 3 Augustus 2016 het Jehovah se Getuies hulle voormalige wêreldhoofkwartier by 25/30 Columbia Heights in Brooklyn, New York, amptelik verkoop. Hierdie transaksie, wat aangegaan is met ’n vennootskap tussen Kushner Companies en LIVWRK, is een van die Getuies se belangrikste stappe in die verskuiwing van hulle wêreldhoofkwartier na ’n nuwe fasiliteit, wat volgens hulle behoeftes gebou is, in Warwick, New York.

Die eiendom van sowat 68 154 vierkante meter beslaan amper twee stadsblokke en is geleë tussen drie geskiedkundige distrikte, Brooklyn Heights, Fulton Ferry en Dumbo. Drie ander geboue, 50 Columbia Heights, 58 Columbia Heights en 55 Furman Street, wat verbind is aan 25/30 Columbia Heights is ook verkoop. Al hierdie geboue is ouer as die nabygeleë Brooklyn-brug.

50 Columbia Heights en 58 Columbia Heights

55 Furman Street

Die eiendom by 25/30 Columbia Heights het voorheen behoort aan die farmaseutiese maatskappy E.R. Squibb & Sons, wat nou deel is van Bristol-Myers Squibb. Die teken met die tyd en temperatuur bo-op die dak van 30 Columbia Heights is al dekades lank ’n kenmerk van Brooklyn, en die teken wat voorheen “Squibb” gesê het, is verander na “Watchtower” sedert die Getuies die geboue in 1969 gekoop het. Richard Devine, ’n woordvoerder vir die Getuies, verduidelik waarom hulle die geboue aanvanklik gekoop het en sê: “Ons het meer spasie nodig gehad vir ons werk wat al hoe vinniger toeneem, en ons wou ons kantore konsolideer, wat op daardie stadium in verskeie geboue regoor Brooklyn versprei was.”

David A. Semonian, ’n woordvoerder vir Jehovah se Getuies by hulle wêreldhoofkwartier, sê: “25/30 Columbia Heights sal altyd ’n deel van ons erfenis wees, sowel as van die ryk geskiedenis van Brooklyn.”

Mediaverteenwoordiger:

David A. Semonian, Office of Public Information, 1-718-560-5000

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000