Spring na inhoud

’n Pad wat oopgebars het as gevolg van ’n aardbewing

15 JULIE 2019
VERENIGDE STATE

Aardbewings tref Suid-Kalifornië

Aardbewings tref Suid-Kalifornië

Vanaf 4 Julie 2019 is die gebied in die Mojave-woestyn in Suid-Kalifornië deur groot aardbewings en naskokke getref. Dit sluit ’n aardbewing van 7,1 in wat beskou word as een van die grootse aardbewings wat hierdie gebied die afgelope 20 jaar getref het.

Hierdie aardbewings het naby die stad Ridgecrest gebeur, waar daar 215 verkondigers woon. Gelukkig is nie een van ons broers ernstig beseer nie. Maar drie verkondigers is beseer, en daar is laat weet dat sewe verkondigers ander blyplek moes kry. Daar is ook 7 huise van ons broers wat erg beskadig is en 35 wat minder beskadig is. Twee Koninkryksale is ook beskadig.

Twee kringopsieners organiseer die noodlenigingswerk in die gebied. Die kringopsieners en plaaslike ouermanne moedig die broers en susters aan wat deur die aardbewing geraak is, en vertroos hulle.

Ons bid dat Jehovah sal aanhou om ons mede-aanbidders die wysheid te gee wat nodig is om deur hierdie natuurrampe te kom. – Spreuke 2:6-8.