Spring na inhoud

17 SEPTEMBER 2020
VERENIGDE STATE

Brande in westelike deel van Verenigde State hou aan

Brande in westelike deel van Verenigde State hou aan

Plek

Kalifornië, Oregon en Washington

Ramp

  • Veldbrande wat baie vinnig beweeg, het meer as twee miljoen hektaar grond van Kalifornië tot by Washington gebrand

  • Die brande veroorsaak dat die gehalte van die lug ongesond is

  • Een van die brande is die grootste in Kalifornië se geskiedenis

Hoe ons broers en susters geraak is

  • 4 546 verkondigers moes hulle huise verlaat

Skade aan eiendom

  • 61 huise is vernietig

  • 16 huise is beskadig

Noodlenigingspogings

  • Die Noodlenigingskomitees hou aan om saam met kringopsieners en plaaslike gemeentelike ouermanne te werk om ons broers en susters te help wat hulle huise moes verlaat, maar hulle het ook by COVID-19-veiligheidsmaatreëls gebly

Die verkondigers wat geraak is, is dankbaar vir Jehovah se ondersteuning deur middel van sy organisasie. Een suster wie se huis vernietig is, het gesê dat ons broers “gewillig was om enigiets te voorsien wat ons nodig gehad het nog voordat ons geweet het dat ons dit nodig het”.

Hoewel ons broers en susters wat geraak is, nog steeds deur moeilike tye gaan, voel hulle Jehovah se liefde en genade. – Jakobus 5:11.