Spring na inhoud

Storms tref Kalifornië, VSA, en veroorsaak wydverspreide skade

19 JANUARIE 2023
VERENIGDE STATE

Dodelike storms tref westelike dele van Verenigde State

Dodelike storms tref westelike dele van Verenigde State

Vanaf 4 Januarie 2023 het swaar sneeu, baie swaar reën en sterk winde skade aangerig in Kalifornië, VSA. Die storms wat nie opgehou het nie, het oorstromings, modderstortings en kragonderbrekings veroorsaak. Duisende mense moes hulle huise verlaat, en ten minste 19 mense het gesterf. Die dodelike storms het sekere gebiede so erg getref dat hulle meer as die helfte van hulle jaarlikse reënval in net ’n paar dae gekry het.

Hoe ons broers en susters geraak is

  • Nie een van ons broers of susters het gesterf nie

  • 199 verkondigers moes hulle huise verlaat

  • 4 huise is erg beskadig

  • 141 huise is beskadig, maar nie te erg nie

  • 23 Koninkryksale is beskadig, maar nie te erg nie

  • 1 vertaalkantoor is beskadig, maar nie te erg nie

Noodlenigingspogings

  • Kringopsieners en plaaslike ouermanne moedig die broers en susters aan wat deur die storm geraak is en help hulle op praktiese maniere

  • 44 huise is veilig gemaak om in te woon

  • 15 huise is herstel

Ons is oortuig dat Jehovah ons broers en susters in hierdie moeilike tye vertroos. – Psalm 50:15.