Spring na inhoud

14 MAART 2019
VERENIGDE STATE

Dodelike tornado’s in suid-ooste van Verenigde State

Dodelike tornado’s in suid-ooste van Verenigde State

Op Sondag 3 Maart 2019 het dodelik tornado’s dele van Alabama, Florida en Georgia vernietig. Daar is 23 mense oorlede en baie wat beseer is.

Volgens die takkantoor in die Verenigde State is nie een van ons broers of susters oorlede nie. Maar een van ons susters is beseer toe ’n tornado haar huis in Fort Valley, Georgia, heeltemal vernietig het. Sy kry nou die nodige mediese behandeling by ’n hospitaal in haar gebied. Die takkantoor het ook laat weet dat ses van ons broers se huise beskadig is en vier heeltemal vernietig is. Kringopsieners in die gebied organiseer die werk. Die verkondigers het kos, behuising en klere voorsien aan die broers wat geraak is, en die plaaslike ouer manne vertroos hulle uit God se Woord.

Ons bid dat ons broers wat deur hierdie ramp geraak is, vertroos word deur ons jaarteks vir 2019: Moenie angstig wees nie, want ek is jou God. – Jesaja 41:10.