Spring na inhoud

20 AUGUSTUS 2020
VERENIGDE STATE

Donderstorms en sterk winde veroorsaak groot skade in die Midde-Weste van die Verenigde State

Donderstorms en sterk winde veroorsaak groot skade in die Midde-Weste van die Verenigde State

Plek

Midde-Weste van die Verenigde State

Ramp

  • Op 10 Augustus 2020 het erge donderstorms en vernietigende winde in ’n reguit lyn oor dele van die land beweeg, wat ’n derecho-storm genoem word

  • Die wind het oeste en eiendom beskadig en het groot kragonderbrekings veroorsaak

Hoe ons broers en susters geraak is

  • 2 verkondigers is ligtelik beseer

  • 18 verkondigers moes hulle huise verlaat

Skade aan eiendom

  • 216 huise is beskadig, maar nie te erg nie

  • 5 huise is erg beskadig

  • 24 Koninkryksale is beskadig, maar nie te erg nie

Noodlenigingspogings

  • Noodlenigingskomitees in die gebied werk saam met kringopsieners en plaaslike gemeentelike ouermanne om ons broers en susters wat geraak is, te help

Ons weet dat Jehovah sal aanhou om ons broers en susters wat deur hierdie storms geraak is, te ondersteun. En ons sien uit na die tyd wanneer niemand meer bang sal wees dat hulle hulle huise sal verloor as gevolg van ’n natuurramp nie. – Jesaja 65:21.