Spring na inhoud

19 JULIE 2019
VERENIGDE STATE

Houston, Verenigde State (Engels) – “Liefde faal nooit”!-internasionale streekbyeenkoms vir 2019

Houston, Verenigde State (Engels) – “Liefde faal nooit”!-internasionale streekbyeenkoms vir 2019
  • Datum: 12-14 Julie 2019

  • Plek: NRG-stadion in Houston, Texas, Verenigde State

  • Programtale: Engels, Koreaans

  • Bywoningshoogtepunt: 50 901

  • Aantal gedoop: 401

  • Aantal internasionale besoekers: 5 000

  • Genooide takkantore: Australasië, België, Brasilië, Brittanje, Colombia, Filippyne, Frankryk, Indië, Italië, Japan, Kanada, Korea, Skandinawië, Slowakye en Tsjeggiese Republiek

  • Plaaslike ondervinding: Sylvester Turner, die burgemeester van Houston, was beïndruk met die 50 000 Jehovah se Getuies en hulle besoekers wat na Houston gekom het vir die streekbyeenkoms. Hy het gesê dat Houston bly was om die Getuies te verwelkom en dat dit goed was vir die stad. Hy het verder gesê: “As julle [Jehovah se Getuies] twee keer ’n jaar kan kom, is julle meer as welkom hier in Houston. Kom sommer volgende jaar en die jaar daarna ook terug.”

 

Broers en susters verwelkom internasionale besoekers in Houston

Internasionale besoekers doen velddiens saam met plaaslike broers en susters

Party van die 401 nuwe broers en susters wat gedoop word

Broer Anthony Morris, ’n lid van die Bestuursliggaam, gee die laaste toespraak by Saterdagmiddag se program

Internasionale besoekers staan reg vir ’n foto, party het tradisionele klere aan

Internasionale besoekers lag lekker saam

Daar word hande geklap vir die spesiale voltydse dienaars aan die einde van Sondag se program

Plaaslike broers en susters op die verhoog aan die einde van ’n spesiale geleentheid vir die internasionale besoekers. Hulle het gesing en gedans en daar was ’n kort oorsig van die geskiedenis van Jehovah se Getuies in Houston