Spring na inhoud

29 AUGUSTUS 2019
VERENIGDE STATE

Houston, Verenigde State (Spaans) – “Liefde faal nooit”!-internasionale streekbyeenkoms vir 2019

Houston, Verenigde State (Spaans) – “Liefde faal nooit”!-internasionale streekbyeenkoms vir 2019
  • Datum: 23-25 Augustus 2019

  • Plek: NRG-stadion in Houston, Texas, Verenigde State

  • Programtaal: Spaans

  • Bywoningshoogtepunt: 56 167

  • Aantal gedoop: 626

  • Aantal internasionale besoekers: 5 500

  • Genooide takkantore: Argentinië, Bolivia, Chili, Colombia, Dominikaanse Republiek, Ecuador, Frankryk, Filippyne, Italië, Japan, Peru, Sentraal-Amerika, Spanje, Trinidad en Tobago, Venezuela

  • Plaaslike ondervinding: Joelle Hardin, die verkope en besprekingsbestuurder vir groepe by die Houston-ruimtesentrum, het gesê: “Vanoggend het een van my werknemers [wat die kaartjies geskandeer het vir die internasionale besoekers by die ingang] na my toe gekom en gesê: ‘Joelle, . . . elke liewe persoon het my in die oë gekyk en “Dankie” gesê, partykeer in ’n ander taal.’ Dit het haar dag gemaak. Ek het haar lank laas so opgewonde gesien.”

 

Internasionale besoekers kom in die oggend by die stadion aan

Besoekers doen velddiens saam met die plaaslike broers en susters

Duisende vrywilligers maak die NRG-stadion skoon voor die program Vrydag begin

Twee van die 626 nuwe broers en susters word gedoop

Broer Mark Sanderson, ’n lid van die Bestuursliggaam, gee die laaste toespraak die Vrydagmiddag

Besoekers maak notas terwyl hulle na die program luister

’n Suster neem ’n groep besoekers op ’n toer deur die Natuurwetenskap-museum in Houston, een van die uitstappies wat gereël is vir die internasionale besoekers

Ons broers en susters voer ’n dans op by een van die spesiale geleenthede vir die internasionale besoekers

Spesiale voltydse dienaars waai vir die kamera aan die einde van Sondag se program