Spring na inhoud

13 JANUARIE 2020
VERENIGDE STATE

Jongste nuus oor noodlenigingswerk ná orkaan Dorian

Bote en vliegtuie het vrywilligers en noodlenigingsvoorraad gebring

Jongste nuus oor noodlenigingswerk ná orkaan Dorian

Van 1 tot 3 September 2019 het orkaan Dorian die Bahamas getref. Selfs voordat die storm die Bahamas getref het, het die takkantoor in die Verenigde State begin om noodlenigingspogings te reël vanaf Florida, VSA. Toe dit veilig was om te reis, was broers wat bote en vliegtuie besit reg om te gaan help. Hulle was van die eerste noodlenigingswerkers op die eilande.

Dertien broers en susters het meer as 300 keer gevlieg om 15 ton noodlenigingsvoorraad af te lewer. Hulle het ook meer as 700 vrywillige werkers na die gebied wat deur die orkaan geraak is, vervoer. Nog 13 van ons broers se bote was gebruik om 90 ton voorraad af te lewer. Dit vat min of meer 12 ure om met ’n boot na die Bahamas en terug te gaan.

Jose Cabrera, die stasiebestuurder by die Palm Beach- Internasionale Lughawe, het gesê: “Toe die orkaan verby is, het [die Getuies] so gou as moontlik met vliegtuie vol voorraad gevlieg om te gaan help. Hulle is ’n uitstekende voorbeeld van mense wat selfs meer doen om te help as wat van hulle verwag word.”

Broer Glenn Sanders, een van die vrywillige vlieëniers, het gesê: “Vir baie van ons is dit die eerste keer dat ons ons vaardigheid as vlieëniers kan gebruik om ons broers en susters te help. Dit het vir ons groot vreugde gebring dat ons ’n klein deel van die liggaam kon wees wat verligting kon bring vir ’n ander deel van die liggaam wat swaarkry.” – 1 Korintiërs 12:26.

Die takkantoor in die Verenigde State skat dat die noodlenigingspogings omtrent R25 400 000 sal kos en op 1 Mei 2020 sal klaar wees.

 

Noodlenigingsvoorraad word op ’n boot gelaai in Florida, VSA. Ons broers het in totaal 29 keer per boot na die Bahamas gereis

’n Foto van die oorstroomde lughawe in Groot Abaco, Bahamas

Die uitsig vanuit die vliegtuig