Spring na inhoud

19 NOVEMBER 2019
VERENIGDE STATE

Kinders by skool geskiet in Kalifornië, Verenigde State

Kinders by skool geskiet in Kalifornië, Verenigde State

Op 14 November 2019 het ’n leerder op ander klasmaats begin skiet by ’n hoërskool in Santa Clarita, Kalifornië. Die leerder het twee leerders doodgeskiet en drie beseer, voordat hy homself geskiet het.

Ongelukkig is Dominic Blackwell, ’n seun van een van ons susters, een van die leerders wat doodgeskiet is. Hy was 14-jaar oud en het gereeld die vergaderinge saam met sy ma, suster Nancy Blackwell, bygewoon. Die ouermanne vertroos en moedig sy ouers, hulle drie jong kinders en die plaaslike gemeente aan deur middel van die Bybel.

Ons is baie hartseer om van hierdie tragedie te hoor. Ons sien uit na die tyd wanneer God “elke traan [sal] afvee, en die dood . . . nie meer daar [sal] wees nie. Daar sal geen getreur, geen gehuil en geen pyn meer wees nie”. – Openbaring 21:4.