12 JULIE 2019
VERENIGDE STATE
Miami, Verenigde State (Engels) – “Liefde faal nooit”!-internasionale streekbyeenkoms vir 2019
Datum: 5-7 Julie 2019
Plek: Marlins Park in Miami, Florida, Verenigde State
Programtale: Chinees Mandaryns, Engels
Bywoningshoogtepunt: 28 000
Aantal gedoop: 181
Aantal internasionale besoekers: 5 000
Genooide takkantore: Australasië, Brasilië, Brittanje, Colombia, Dominikaanse Republiek, Fidji, Ghana, Griekeland, Hongkong, Israel, Japan, Kanada, Nederland, Oekraïne, Skandinawië, Spanje, Suid-Afrika, Taiwan, Trinidad en Tobago.
Plaaslike ondervinding: Die burgemeester van Miami, Francis X. Suarez, het die plek waar die byeenkoms gehou is, op die Sondag besoek en gesê: “Ek hou baie van die feit dat die boodskap ‘Liefde faal nooit’! is. Dit is ’n baie positiewe boodskap. Ek dink [die byeenkoms] is iets goed vir enige groot stad in die Verenigde State of regoor die wêreld.”
Jongmense verwelkom die internasionale byeenkomsgangers by die lughawe
Internasionale byeenkomsgangers en plaaslike Getuies nooi die gemeenskap na die byeenkoms
Internasionale byeenkomsgangers kry hulle eie kopie van die hersiene Nuwe Wêreld-vertaling in Chinees, wat op die Vrydag vrygestel is
Besoekers maak notas gedurende die sessie
Drie van die 181 nuwe broers en susters word gedoop
Plaaslike broers en susters groet die besoekers en geskenkies word uitgeruil
Besoekers wat in spesiale voltydse diens is, waai vir almal aan die einde van die byeenkoms
Broer Lösch groet besoekers wat in spesiale voltydse diens is aan die einde van die byeenkoms
Jongmense sing vir internasionale byeenkomsgangers by ’n spesiale geleentheid