19 OKTOBER 2020
VERENIGDE STATE
Orkaan Delta tref Louisiana
Plek
Louisiana en suid-ooste van Texas
Ramp
Op 9 Oktober 2020 het die kategorie-2-storm die suid-weste van Louisiana getref. Dit het nog skade veroorsaak aan gebiede wat onlangs deur orkaan Laura verwoes is
Die orkaan het swaar reën en sterk wind veroorsaak wat tot oorstromings en wydverspreide kragonderbrekings gelei het
Hoe ons broers en susters geraak is
1 583 verkondigers moes hulle huise verlaat
Skade aan eiendom
216 huise en 16 Koninkryksale is beskadig, maar nie te erg nie
7 huise is erg beskadig
3 huise is heeltemal vernietig
Noodlenigingspogings
Kringopsieners en plaaslike ouermanne help ons broers en susters wat kos, water, blyplek en ander dinge nodig het. Hierdie werk word ondersteun deur die Noodlenigingskomitee wat voorheen aangestel is om te help met die gevolge van orkaan Laura. Ons broers hou aan om versigtig te wees terwyl hulle by COVID-19-veiligheidsmaatreëls bly
Die plaaslike ouermanne het ons broers en susters selfs meer begin aanmoedig. Een ouerman het die volgende gesê: “Dit is ongelooflik om te sien hoe Jehovah ons broers en susters versterk het. Dit is sonder twyfel ‘krag wat bo die normale is’.” – 2 Korintiërs 4:7.
Ons dank Jehovah dat hy ’n “skuiling en beskerming” vir ons liewe broers en susters is wat deur hierdie onlangse storms geraak is. – Jesaja 4:6.