6 AUGUSTUS 2020
VERENIGDE STATE
Orkaan Hanna tref suidooste van Texas
Plek
Texas, Verenigde State
Ramp
Hanna, ’n kategorie-1-orkaan, het op 25 Julie 2020 getref en oorstromings en ’n baie hoë gety langs die kus veroorsaak
Hanna is die eerste orkaan van hierdie jaar se Atlantiese orkaanseisoen
Hoe ons broers en susters geraak is
Twee van ons broers is ligtelik beseer
193 verkondigers moes tydelik hulle huise verlaat
Skade aan eiendom
347 huise van ons broers is beskadig, maar nie te erg nie
31 huise is erg beskadig
Noodlenigingspogings
Kringopsieners in die streek wat geraak is, werk saam met gemeentelike ouermanne om geestelike en praktiese bystand te gee
Ons is dankbaar dat Jehovah, die “God van alle vertroosting”, aanhou om vir ons broers en susters in Texas te sorg gedurende hierdie moeilike tyd. – 2 Korintiërs 1:3, 4.