Spring na inhoud

14 AUGUSTUS 2020
VERENIGDE STATE

Orkaan Isaias veroorsaak baie skade in die ooste van die Verenigde State

Orkaan Isaias veroorsaak baie skade in die ooste van die Verenigde State

Plek

Ooste van die Verenigde State

Ramp

  • Isaias, ’n kategorie-1-orkaan, het op 3 Augustus 2020 Noord-Carolina getref

  • Die orkaan het ’n klomp tornado’s veroorsaak terwyl dit langs die Ooskus op beweeg het. Dit het kragonderbrekings en wydverspreide skade as gevolg van die wind veroorsaak

Hoe ons broers en susters geraak is

  • Een suster is beseer

  • 12 families moes tydelik hulle huise verlaat

Skade aan eiendom

  • 55 van ons broers se huise is beskadig, maar nie te erg nie

  • Vyf huise is erg beskadig

  • ’n Hele paar karre is beskadig

  • Vyf Koninkryksale is beskadig, maar nie te erg nie

Noodlenigingspogings

  • Kringopsieners en gemeentelike ouermanne in die gebiede wat geraak is, het dadelik saamgewerk om ons broers en susters te help, maar hulle het ook by COVID-19-veiligheidsmaatreëls gebly

Ons is bly dat Jehovah aanhou om ons broers en susters te ondersteun wat deur hierdie verwoestende storms geraak is. Ons kan nie wag vir die tyd wanneer almal nie meer “bang [sal] wees” vir natuurrampe nie. – Spreuke 1:33.