Spring na inhoud

7 SEPTEMBER 2020
VERENIGDE STATE

Orkaan Laura tref Louisiana

Orkaan Laura tref Louisiana

Plek

Arkansas, Mississippi, westelike deel van Louisiana en oostelike deel van Texas

Ramp

  • Op 27 Augustus 2020 het orkaan Laura, ’n kategorie-4-orkaan, die westelike deel van Louisiana getref. Die wind het baie skade aan eiendomme sowel as kragonderbrekings veroorsaak

Hoe ons broers en susters geraak is

  • Ons is jammer om te berig dat ’n bejaarde suster gesterf het terwyl sy geskuif is van ’n gesondheidsorg-fasiliteit

  • ’n Ander suster het ’n ligte besering opgedoen

  • 3 992 verkondigers moes tydelik hulle huise verlaat

Skade aan eiendom

  • 10 huise van ons broers is vernietig

  • 95 huise en 4 Koninkryksale is erg beskadig

  • 192 huise en 16 Koninkryksale is beskadig, maar nie te erg nie

Noodlenigingspogings

  • Die takkantoor in die Verenigde State het ’n Noodlenigingskomitee aangestel

  • Kringopsieners en plaaslike ouermanne help verkondigers om veilige blyplek te kry as hulle hulle huise moet verlaat

Ondervindinge

  • Broers daar naby het hulle huise beskikbaar gemaak vir almal wat hulle huise moes verlaat, en almal het die COVID-19-veiligheidsmaatreëls gehoorsaam. Een broer wat sy huis moes verlaat, het gesê: “Ons sien dit alles as ’n seëning van Jehovah!”

Ons broers en susters in die gebiede wat deur die orkaan geraak is, “beveel [hulleself] as God se bedienaars aan” deur gehoorsaam te wees aan die riglyne en ander te help in tye van nood. – 2 Korintiërs 6:4.