Spring na inhoud

24 SEPTEMBER 2020
VERENIGDE STATE

Orkaan Sally oorstroom dele van suid-ooste van Verenigde State

Orkaan Sally oorstroom dele van suid-ooste van Verenigde State

Plek

Alabama, Florida en Mississippi

Ramp

  • Op 16 September 2020 het die kategorie-2-storm, wat stadig beweeg, Alabama getref. In ’n paar uur het daar baie reën geval, wat groot oorstromings veroorsaak het

  • Sterk winde het ernstige skade aan eiendom en wydverspreide kragonderbrekings veroorsaak

Hoe ons broers en susters geraak is

  • 240 verkondigers moes hulle huise verlaat

  • 1 verkondiger is ligtelik beseer

Skade aan eiendom

  • 143 huise en 11 Koninkryksale is beskadig, maar nie so erg nie

  • 12 huise en 1 Koninkryksaal is erg beskadig

Noodlenigingspogings

  • Twee Noodlenigingskomitees hou aan om saam met kringopsieners en plaaslike gemeentelike ouermanne te werk om te sorg vir die geestelike en fisiese behoeftes van ons broers en susters wat geraak is, maar hulle het ook by COVID-19-veiligheidsmaatreëls gebly

Ná die storm het een suster erken dat sy oorweldig gevoel het. Maar nadat sy onmiddellik deur ’n plaaslike gemeente gehelp is, het sy met waardering gesê: “Nou is ek oorweldig deur die liefde en ondersteuning van die broers en susters.” – 1 Johannes 3:18.