6 NOVEMBER 2020
VERENIGDE STATE
Orkaan Zeta tref die suidooste van die Verenigde State
Plek
Suidooste van die Verenigde State
Ramp
Op 28 Oktober 2020 het die kategorie-2-storm wat vinnig beweeg het, Louisiana getref. Later het dit ’n tropiese storm geword en dele van die suidooste van die Verenigde State geraak
Kusgebiede is oorstroom en sterk winde het skade aan eiendom en wydverspreide kragonderbrekings veroorsaak
Hoe ons broers en susters geraak is
324 verkondigers moes hulle huise verlaat
1 verkondiger is ligtelik beseer
Skade aan eiendom
291 huise en 14 Koninkryksale is beskadig, maar nie so erg nie
8 huise en 3 Koninkryksale is erg beskadig
1 huis is heeltemal vernietig
Noodlenigingspogings
Plaaslike ouermanne en kringopsieners gee aanmoediging en voorsien nodige items aan ons broers en susters wat deur die storm geraak is. Dieselfde Noodlenigingskomitees wat voorheen aangestel is om te help met die gevolge van COVID-19 en orkaan Laura in die gebied, ondersteun ook diegene wat deur orkaan Zeta geraak is terwyl hulle by COVID-19-veiligheidsmaatreëls bly.
Ons is hartseer om te hoor dat hierdie storm veroorsaak dat ons broers en susters swaarkry. Maar weer eens is Jehovah se lojale liefde duidelik sigbaar in die noodlenigingswerk van ons organisasie. – Psalm 89:1.