Spring na inhoud

15 AUGUSTUS 2019
VERENIGDE STATE

Phoenix, Verenigde State – “Liefde faal nooit”!-internasionale streekbyeenkoms vir 2019

Phoenix, Verenigde State – “Liefde faal nooit”!-internasionale streekbyeenkoms vir 2019
  • Datum: 9-11 Augustus 2019

  • Plek: Chase Field-stadion in Phoenix, Arizona, Verenigde State

  • Programtaal: Engels

  • Bywoningshoogtepunt: 40 237

  • Aantal gedoop: 352

  • Aantal internasionale besoekers: 5 000

  • Genooide takkantore: Australasië, Brittanje, Chili, Frankryk, Griekeland, Indië, Italië, Kanada, Korea, Mikronesië, Sentraal-Europa, Skandinawië, Sri Lanka, Tahiti, Thailand, Trinidad en Tobago, Turkye

  • Plaaslike ondervinding: Steve Moore, die president en hoofbestuurder van Visit Phoenix, wat help om die byeenkomste, hotelle en oorde in die Phoenix-area te reël, het gesê: “Ek doen hierdie werk al vir ’n baie lang tyd en dit is die mees georganiseerdste byeenkoms wat ek al ooit mee saam gewerk het. Dit was ’n plesier om saam met julle te werk. En julle belowe om die stadion skoon te maak wanneer julle klaar is ­– niemand anders doen dit nie.”

 

Internasionale besoekers word hartlik verwelkom by die Sky Harbor- Internasionale Lughawe in Phoenix

Broers en susters van Phoenix staan reg om die internasionale besoekers by een van die hotelle te verwelkom

Honderde broers en susters groet die besoekers entoesiasties soos hulle by Chase Field-stadion op Vrydagoggend aankom

Internasionale besoekers, party in hulle tradisionele kleredrag, luister na die program

Twee van die 352 broers en susters wat gedoop word

Broer Samuel Herd, ’n lid van die Bestuursliggaam, gee die laaste toespraak op Saterdag

Besoekers neem ’n foto terwyl hulle ’n nasionale park besoek

Ons broers ry op ’n perdekar. Dit is deel van ’n geskiedkundige uitstalling van die Amerikaanse Weste in die 19de eeu

Spesiale voltydse dienaars loop op die veld van die stadion aan die einde van Sondag se program