Spring na inhoud

23 AUGUSTUS 2019
VERENIGDE STATE

St. Louis, Verenigde State – “Liefde faal nooit”!-internasionale streekbyeenkoms vir 2019

St. Louis, Verenigde State – “Liefde faal nooit”!-internasionale streekbyeenkoms vir 2019
  • Datum: 16-18 Augustus 2019

  • Plek: The Dome by America’s Center in St. Louis, Missouri, Verenigde State

  • Programtale: Engels, Kroaties

  • Bywoningshoogtepunt: 28 122

  • Aantal gedoop: 224

  • Aantal internasionale besoekers: 5 000

  • Genooide takkantore: Argentinië, Australasië, Brittanje, Colombia, Filippyne, Finland, Frankryk, Japan, Kanada, Kroasië, Pole, Portugal, Sentraal-Europa, Serwië, Skandinawië, Suid-Afrika, Tsjeggies-Slowakye

  • Plaaslike ondervindinge: Martin Gulley, die kommunikasie-bestuurder vir Metrolink, het gesê: “Jy kan sê dat jy lief is vir iemand. Jy kan sê dat jy lief is vir iets. Maar as jy dit nie wys nie, is dit nie regtig liefde nie. Julle wys julle liefde. Julle is nederige mense, en liefde maak ’n mens nederig, nie trots nie. Hierdie lapelkaart wys dat ek by Metrolink werk. Maar julle liefde wys dat julle Jehovah se Getuies is.”

    Jerry Vallely, die kommunikasie-bestuurder vir Bi-State Development (’n maatskappy wat ekonomiese groei in die St. Louis-streek probeer bevorder) voeg by: “Julle fokus nie net op die reëlings nie. Julle dink regtig aan die mense wat gehelp sal word deur wat julle doen – of dit nou die internasionale besoekers is of die mense wat in die stad of hier by Metrolink werk. Julle dink aan hoe almal geraak sal word. En julle doen wat julle kan om dinge lekkerder en beter te maak.”

 

Plaaslike broers en susters wag vir internasionale byeenkomsgangers om aan te kom by die St. Louis Lambert- Internasionale Lughawe

Internasionale besoekers doen openbare getuieniswerk saam met plaaslike broers en susters in die middestad van St. Louis

Broers en susters maak “The Dome,” wat die naam van die byeenkomsplek is, skoon voor die byeenkoms

Drie van die 224 broers en susters wat gedoop word

Broer David Splane, ’n lid van die Bestuursliggaam, gee die laaste toespraak op die derde dag van die byeenkoms

Internasionale besoekers glimlag terwyl hulle na die program luister

Op die Sondag waai die internasionale spesiale voltydse dienaars vir die gehoor

Internasionale besoekers en plaaslike broers en susters neem ’n foto saam

Internasionale besoekers geniet dit om die diere in die Saint Louis-dieretuin te sien

Internasionale besoekers kyk na ’n Bybel. Dit is ’n oorspronklike eerste uitgawe van die King James Version van 1611 wat skaars is. Die Bybel is oop by Psalm 83:18 en word uitgestal by die openbare biblioteek in St. Louis. Die biblioteek het gereël dat die Bybel spesiaal by hierdie teks oopgemaak is vir die internasionale besoekers

Jong broers en susters sing by ’n spesiale geleentheid wat vir die internasionale besoekers gehou is