Spring na inhoud

Verwoesting nadat ’n tornado Alabama getref het

21 JANUARIE 2020
VERENIGDE STATE

Sterk storms en tornado’s verwoes die Suide en Midde-Weste van die Verenigde State

Sterk storms en tornado’s verwoes die Suide en Midde-Weste van die Verenigde State

Broer Albert Barnett en sy vrou, suster Susan Barnett, van die West-gemeente in Tuscaloosa, Alabama

Sterk storms het dele van die Suide en Midde-Weste van die Verenigde State op 11 en 12 Januarie 2020 getref. Vir twee dae was daar swaar reën, sterk winde en ’n paar tornado’s wat groot skade oor ’n paar state veroorsaak het. Ongelukkig is broer Albert Barnett, 85 jaar oud, en sy vrou, suster Susan Barnett, 75 jaar oud, oorlede toe ’n tornado hulle karavaan getref het.

Die takkantoor van die Verenigde State het laat weet dat ten minste vier van ons broers se huise beskadig is, asook twee Koninkryksale. Die storms het ook groot skade aan ’n broer se besigheidsperseel veroorsaak.

Die plaaslike ouermanne en die kringopsiener is besig om praktiese hulp en aanmoediging uit die Bybel te gee vir dié wat deur die ramp geraak is. Ons weet dat ons hemelse Vader, Jehovah, ons broers en susters wat hartseer is as gevolg van hierdie tragedie, vertroos. – Psalm 34:18.