Spring na inhoud

Karre wat oorstroom is by ’n Getuie-gesin se huis in Harlingen, Texas

10 JULIE 2019
VERENIGDE STATE

Sterk winde en oorstromings in suide van Texas

Sterk winde en oorstromings in suide van Texas

Op 24 Junie 2019 het die wind baie sterk gewaai en het dit baie hard gereën in die suide van Texas. Volgens die nuus is honderde huise oorstroom en meer as 100 mense moes hulle huise verlaat.

Al is geen verkondigers in die storm beseer nie, moes 47 verkondigers ander blyplek kry. En die storm het 65 huise van ons broers en susters beskadig, sowel as ’n woonstel wat deel is van ’n Koninkryksaal.

Kringopsieners en plaaslike ouermanne help en ondersteun broers en susters wat deur die storm geraak is. ’n Noodlenigingskomitee reël dat daar genoeg blyplek is en dat kos, water en klere uitgedeel word. Die broers is al klaar besig om die beskadigde huise en die woonstel van die Koninkryksaal skoon te maak en te herstel.

Ons sal aanhou om ons broers en susters in die suide van Texas te ondersteun terwyl hulle op Jehovah vertrou en die gevolge van hierdie storm deurmaak. – Jesaja 26:3, 4.