Spring na inhoud

22 JULIE 2019
VERENIGDE STATE

Tropiese storm Barry tref die suide van die Verenigde State

Tropiese storm Barry tref die suide van die Verenigde State

Op Saterdag 13 Julie 2019 het ’n kategorie-1-orkaan Louisiana getref en kort daarna verswak tot ’n tropiese storm wat as Barry bekend staan. Hierdie tropiese storm het skade veroorsaak as gevolg van sterk winde en oorstromings. Daar was ook wydverspreide kragonderbrekings regoor die state van Alabama, Louisiana en Mississippi.

Al is daar geen verkondigers beseer of dood in die storm nie, moes 123 Getuies ander blyplek kry. Die storm het ook 27 huise van ons broers en susters en 5 Koninkryksale beskadig.

Kringopsieners en plaaslike ouermanne moedig die broers en susters aan wat deur die storm geraak is, en vertroos hulle. Daar is ook verkondigers in nabygeleë gemeentes wat water, kos en blyplek voorsien waar dit nodig is. Die plaaslike broers is alreeds besig om herstelwerk te organiseer.

Ons bid dat Jehovah sal aanhou om ons broers en susters in die suide van die Verenigde State te help wat deur die tropiese storm Barry geraak is. – Spreuke 18:10.