Spring na inhoud

1 SEPTEMBER 2020
VERENIGDE STATE

Veldbrande verwoes westelike deel van Verenigde State

Veldbrande verwoes westelike deel van Verenigde State

Plek

Noord-Kalifornië en Oregon

Ramp

  • Omtrent 14 000 weerligstrale en ander faktore het meer as 700 verskillende veldbrande veroorsaak. Dit het meer as 405 000 hektaar land regoor Noord-Kalifornië en dele van Oregon verwoes

  • Rook en as het die gehalte van die lug baie versleg. Op 21 Augustus is daar berig dat die lug in Noord-Kalifornië van die swakste luggehalte ter wêreld is

  • Daar is berig dat twee van die brande die tweede en derde grootste veldbrande in die geskiedenis van Kalifornië is

Hoe ons broers en susters geraak is

  • 936 verkondigers moes hulle huise tydelik verlaat

Skade aan eiendom

  • 2 huise van verkondigers is vernietig

Noodlenigingspogings

  • ’n Noodlenigingskomitee, kringopsieners en plaaslike gemeentelike ouermanne werk hard om dié wat geraak is, te help

Ons broers en susters is baie dankbaar vir die hulp van die organisasie. Een broer het gesê: “Maak nie saak wat gebeur nie, die organisasie sal onmiddellik daar wees om jou te help. Ons is deel van ’n familie.” Hierdie noodlenigingswerk is bewys dat niks ons kan “skei van God se liefde” nie. – Romeine 8:39.