Spring na inhoud

’n Broer se huis in Ashland, Nebraska, wat deur die oorstromings getref is. Vrywilligers het reeds met die opruimingswerk begin.

16 APRIL 2019
VERENIGDE STATE

Verwoestende oorstromings tref die Midde-Weste van die Verenigde State

Verwoestende oorstromings tref die Midde-Weste van die Verenigde State

In Maart 2019 het baie swaar reën en sneeu wat gesmelt het, oorstromings in die state Nebraska en Iowa veroorsaak. Riviere in die omgewing het oorstroom soos nog nooit te vore nie. Die water het damme laat oorloop en honderde huise beskadig. Ten minste vier mense het gesterf.

Volgens die takkantoor in die Verenigde State het nie een van die 5 123 verkondigers in die omgewing gesterf of seergekry nie. Maar 84 verkondigers moes hulle huise verlaat. Agt van die broers se huise is ook erg beskadig en ’n verdere 34 huise is minder beskadig.

Vrywilligers van gemeentes in die omgewing daar naby het met behulp van die Plaaslike Kantoor vir Ontwerp en Konstruksie met die opruimingswerk begin. Die kringopsieners in die gebied wat deur die ramp getref is, vertroos en moedig diegene aan wat geraak is.

Ons bid dat ons broers sal aanhou om vertroos te word deur die hulp wat hulle van hulle broers en uit die Bybel ontvang tydens hierdie ramp. – 2 Korintiërs 1:3, 4.