Spring na inhoud

20 NOVEMBER 2019
VERENIGDE STATE

Wegholbrande vernietig die platteland in Kalifornië

Wegholbrande vernietig die platteland in Kalifornië

In onlangse maande het ’n paar wegholbrande regoor Kalifornië versprei. Dit het omtrent 362 vierkante kilometer verskroei en het ’n groot gedeelte van die gebied vernietig.

Die takkantoor in die Verenigde State sê dat meer as 1 700 broers en susters hulle huise as gevolg van die brande moes verlaat. Niemand is dood of beseer nie. Die Sandalwood-brand in Calimesa wat op 10 Oktober 2019 begin het, het een van ons broers se huis vernietig. Party huise is ook beskadig as gevolg van al die rook. Amper almal wat hulle huise moes verlaat kon weer teruggaan huis toe.

Een van die ouermanne wat in die gebied bly wat geaffekteer is, sê: “Ons kan nie genoeg beklemtoon hoe belangrik dit is om die leiding in sulke gevalle te gehoorsaam nie. Ons broers het vinnig die gevaargebied verlaat, en dit het die brandweermanne in staat gestel om daarop te fokus om die vuur te blus eerder as om mense te soek.”

Kringopsieners en plaaslike ouermanne hou aan om noodlenigings-voorraad te reël vir mense wat die gebied moes verlaat. Die liefde en gasvryheid van die verkondigers in die omgewing daar naby, was uitsonderlik. Een kringopsiener het in verband met hierdie Christelike liefde gesê: “Ons het nie ’n probleem gehad om blyplek vir almal wat hulle huis moes verlaat, te kry nie.”

Ons is dankbaar teenoor Jehovah vir almal wat “’n bron van groot vertroosting” vir ons broers en susters was wat deur hierdie wegholbrande geraak is. – Kolossense 4:11.