Spring na inhoud

6 DESEMBER 2018
VERENIGDE STATE

Groot aardbewing in Alaska

Groot aardbewing in Alaska

Op 30 November 2018 was daar ’n aardbewing van 7,0 op die Richterskaal naby Anchorage, Alaska. Al het niemand as gevolg van die aardbewing gesterf nie, was daar heelwat skade aan die paaie volgens die media.

Volgens die takkantoor in die Verenigde State het sewe verkondigers ligte beserings as gevolg van die aardbewing opgedoen. Sestien huise van ons broers en twee Koninkryksale is beskadig. Onder die kringopsieners se toesig, voorsien gemeentes kos, klere, water en onderdak aan dié wat dit nodig het. Plaaslike ouer manne gee ook aanmoediging uit die Bybel aan almal wat deur die aardbewing geraak is.

Ons hou aan bid vir ons broers wat deur hierdie aardbewing geraak is. Ons is daarvan oortuig dat Jehovah hulle sal versterk terwyl hulle voortgaan om op hom te vertrou. — Psalm 28:8, 9.