Spring na inhoud

13 OKTOBER 2017
VERENIGDE STATE

NUUS | Brande in Kalifornië

NUUS | Brande in Kalifornië

Die Takkomitee van die Verenigde State het die volgende inligting voorsien oor ons broers wat geraak is deur die brande in Noord-Kalifornië, sowel as die verwoestende bosbrande in Suid-Kalifornië.

Noord-Kalifornië: Die takkantoor in die Verenigde State het die kringopsieners in en om die state Mendocino, Napa en Sonoma gekontak. Hulle het laat weet dat al ons broers veilig is, maar een verkondiger is beseer. Omtrent 700 van ons broers moes hulle huise verlaat, en nog sowat 2 000 Getuies is gereed om dieselfde te doen indien dit nodig is. Al die broers wat hulle huise moes verlaat, word gehuisves deur mede-Getuies wat in gebiede woon wat nie in gevaar is nie. Sover weet ons dat een Koninkryksaal afgebrand het, sowel as drie huise wat aan broers behoort het. Nog 22 huise is erg beskadig en ’n verdere 32 huise is minder beskadig. Die kringopsieners werk hard om die nodige aanmoediging en ondersteuning te gee.

Suid-Kalifornië: In die Anaheim-gebied moes 25 Getuie-gesinne hulle huise verlaat, maar nie een van ons broers is beseer nie. Al hierdie gesinne bly by ander Getuies. Sover ons weet, is nie een van ons broers se huise of enige Koninkryksale beskadig nie.

Ons is vol vertroue dat Jehovah ’n “veilige” toevlug vir almal sal wees wat deur hierdie moeilike tyd gaan. — Psalm 9:9, 10.

Mediaverteenwoordiger:

David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000