Spring na inhoud

6 NOVEMBER 2017
VERENIGDE STATE

Jongste nuus oor brande

Jongste nuus oor brande

Die brande in Kalifornië is meestal onder beheer. Die Takkomitee van die Verenigde State het die volgende inligting oor ons broers in die omgewing gegee.

Niemand is dood nie, maar agt van ons broers is beseer en meer as 1 400 Getuies moes hulle huise verlaat. Daar is ook 29 van ons broers wie se huise heeltemal vernietig is. Broers in die gemeentes en kringe daar naby het die Getuies wat hulle huise moes verlaat, blyplek gegee. Meeste van hierdie Getuies kon al huis toe gaan.

Terwyl die verwoestende brande aan die gang was, het verteenwoordigers van die takkantoor die kringopsieners, die noodlenigingskomitee en plaaslike vrywillige noodlenigingswerkers besoek. Die gesinne wat hulle huise verloor het, is ook besoek en aangemoedig. Spesiale vergaderinge is ook gehou vir die twee kringe wat die meeste deur die brande geraak is. Die groot aantal Getuies wat deur die ramp geraak is, is uit die Bybel vertroos en ondersteun.

Ons is vas oortuig dat Jehovah sal aanhou om ons broers te vertroos en te ondersteun terwyl hulle deur hierdie moeilike tyd gaan. — 2 Korintiërs 1:3, 4.

Mediaverteenwoordiger:

David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000