Spring na inhoud

1 NOVEMBER 2017
VERENIGDE STATE

Jehovah se Getuies verkoop historiese gebou, die Towers

Jehovah se Getuies verkoop historiese gebou, die Towers

NEW YORK — Op 31 Oktober het Jehovah se Getuies die woongebou met 16 verdiepings by Clarkstraat 21 in die Brooklyn Heights se geskiedkundige distrik verkoop. Die Getuies het meer as vier dekades lank hierdie gebou wat voorheen ’n hotel was, besit. Hulle het ook die gebou met sy Romaanse styl in stand gehou.

Die Towers het oorspronklik as die Leverich Towers Hotel bekend gestaan en is in 1928 oopgemaak. Kort daarna is die naam na die Towers Hotel verander. Dit is as die “Aristocrat of Brooklyn Hotels” geadverteer, waar baie bekende mense gebly het. Maar teen die 1970’s was die hotel in ’n slegte toestand.

Die Getuies het die gebou in 1975 gekoop nadat hulle voorheen ’n paar verdiepings van die gebou gehuur het om blyplek te gee vir hulle werkers wat al hoe meer geword het. Terwyl die Getuies dit besit het, is die gebou twee keer opgeknap: eers in 1978 en weer in 1998.

David A. Semonian, ’n woordvoerder vir Jehovah se Getuies, sê: “Dié van ons wat in Brooklyn Heights gebly het, sal nie net dink aan die Towers as ’n gebou wat uitstaan nie, maar as ’n pragtige en gemaklike blyplek. Met hierdie onlangse verkoop van die gebou sluit ons nog ’n hoofstuk van ons geskiedenis in Brooklyn af.”

Die wêreldhoofkwartier van Jehovah se Getuies het in 2016 na Warwick, New York, getrek.

Mediaverteenwoordiger:

David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000