7 AUGUSTUS 2018
VERENIGDE STATE
Verwoestende Carr-brand naby Redding, Kalifornië
’n Groot brand wat op 23 Julie 2018 naby Redding, Kalifornië begin het, brand nog steeds. Die brand wat dieselfde naam het as die plek waar dit begin het, het al agt mense se dood veroorsaak en het ’n area van meer as 110 000 hektaar en 1 300 geboue vernietig.
Daar is geen ernstige beserings onder die verkondigers aangemeld wat in daardie omgewing woon nie. Maar een van ons broers het ligte brandwonde opgedoen terwyl hy ’n stootskraper gebruik het om die brandweer te help om die vuur onder beheer te kry. Altesaam 454 broers en susters moes hulle huise verlaat en bly tydelik by familie of ander verkondigers. Die huise van 12 Getuie-gesinne is vernietig.
Al ons broers en susters is veilig en die kringopsieners en plaaslike ouer manne werk saam om die nodige geestelike en materiële ondersteuning aan ons broers in hierdie moeilike tyd te gee. — Spreuke 17:17.