Spring na inhoud

17 MEI 2017
VERENIGDE STATE

Getuies verkoop Columbia Heights 107, woongebou in geskiedkundige Brooklyn

Getuies verkoop Columbia Heights 107, woongebou in geskiedkundige Brooklyn

NEW YORK—Op 9 Mei 2017 het Jehovah se Getuies hulle eiendom by Columbia Heights 107 amptelik aan ’n sustermaatskappy van Clipper Realty verkoop. Die eiendom is in die geskiedkundige deel van die Brooklyn Heights-distrik van New York. Die gebou het van 1960 af as ’n woongebou gedien vir mense wat by die Getuies se wêreldhoofkwartier gewerk het.

Die eiendom is langs die Brooklyn Heights-wandelpad. Die gebou het 11 verdiepings en het ’n vloeroppervlakte van 14 312 vierkante meter. Die binnehof van die gebou spog met ’n uitgelegde tuin en ’n fontein. Daar is ook ’n daktuin wat uitkyk oor die Brooklyn-brug, East River en Lower Manhattan.

Die fontein en die binnehof by Columbia Heights 107.

David A. Semonian, ’n woordvoerder by die Getuies se nuwe wêreldhoofkwartier in Warwick, New York, sê: “Dit was lekker om te sien hoe ons bure, veral jong gesinne, dit geniet om na ons tuin en veral die fontein te kyk wanneer hulle verby Columbia Heights 107 gestap het. Ons kon meer as 50 jaar lank goed gebruik maak van die eiendom, en dit het een van die kenmerke in die Brooklyn Heights-buurt geword.”

Mediaverteenwoordiger:

David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000