Spring na inhoud

1 SEPTEMBER 2017
VERENIGDE STATE

Jehovah se Getuies verkoop twee woongeboue in Brooklyn

Jehovah se Getuies verkoop twee woongeboue in Brooklyn

Op 31 Augustus 2017 het Jehovah se Getuies hulle eiendom by Columbia Heights 97 verkoop. Die gebou het ’n oppervlak van altesaam 8 232 vierkante meter en dit was meer as 30 jaar lank een van die woongeboue waarin personeel van die Getuies se wêreldhoofkwartier gebly het. Die gebou staan op die plek waar die Margaret-hotel eers gestaan het en is bekend vir sy pragtige uitsig van die East-rivier en die geboue in Manhattan. Hierdie gebou met sy daktuin en privaat tuinbalkonne is een van die bekende geboue in die pragtige geskiedkundige distrik van Brooklyn Heights. Op 11 Augustus 2017 het die Getuies ook een van hulle woongeboue by Columbia Heights 119 verkoop.

Die wêreldhoofkwartier van Jehovah se Getuies is nou by hulle nuwe fasiliteit in Warwick, New York.

Mediaverteenwoordiger:

David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000