Spring na inhoud

22 MEI 2017
VERENIGDE STATE

Plaaslike gemeenskap geniet ope dag by Getuies se nuwe wêreldhoofkwartier

Plaaslike gemeenskap geniet ope dag by Getuies se nuwe wêreldhoofkwartier

NEW YORK—Op Saterdag 29 April 2017 het Jehovah se Getuies die tweede spesiale ope dag by hulle nuwe wêreldhoofkwartier in Warwick, New York, gehou. Daar was meer mense by hierdie geleentheid as by die eerste een.

Daar was 468 besoekers by hierdie geleentheid op Saterdag die 29ste, 18 persent meer as by die vorige Saterdag. Troy Snyder, bestuurder van die fasiliteite by die wêreldhoofkwartier, sê: “Ons is baie bly dat soveel van ons bure, veral dorpsamptenare, vir ’n toer gekom het. Party van die plaaslike inwoners het vir ’n tweede besoek gekom omdat hulle die eerste ope dag so baie geniet het en graag meer wou sien.”

Die twee ope dag-onthale, wat op twee Saterdae na mekaar tussen 10:00 en 16:00 gehou is, is deur altesaam 863 mense bygewoon. Mnr. Snyder sê verder: “Ons dink die ope dag was ’n reuse sukses. Ons het baie positiewe kommentare gekry van diegene wat dit bygewoon het. Ons bure is welkom om enige tyd weer vir ’n toer van ons fasiliteite en museum te kom.”

Ingrid Magar

Ingrid Magar, ’n inwoner van Tuxedo Park, New York, was een van die plaaslike inwoners wat die ope dag bygewoon het. Sy het 18 jaar lank by die navorsingslaboratorium van die International Nickel Company gewerk. Hulle was die vorige eienaars van die eiendom. Sy het teruggedink aan hoe die eiendom vantevore gebruik is en het gesê: “Ek is so bly oor wat met hierdie terrein gebeur het. Dit het lank leeg gestaan, en almal het gewonder wat daarmee gaan gebeur. Dit is ’n baie mooi plek, en julle het dit nog mooier gemaak.” Me. Magar het ook oor die nuwe inwoners gesê: “Ek dink dat julle [Jehovah se Getuies] goeie bure is. Julle is aangenaam, julle gee om vir die natuur en vir die gemeenskap. Ek dink ons is gelukkig om julle as ons bure te hê.”

William Hoppe

William Hoppe, ’n ingenieur van die dorp Warwick wat inspeksies van die bouwerk by die Getuies se nuwe wêreldhoofkwartier gedurende die laaste twee jaar van die projek gedoen het, het gesê: “Dit was duidelik dat hulle werk van die hoogste standaard wou hê . . . En ’n mens kan dit sien in die kwaliteit van die bouwerk wat daar gedoen is. Ek is baie beïndruk met hoeveel aandag daar aan die ekosisteem en die omgewing gegee is terwyl die bouwerk aan die gang was en ook met die instandhouding van alles. Die hele bouprojek was ‘omgewingsvriendelik’, en ek dink dit is ’n goeie voorbeeld vir ander bouprojekte.”

Mediaverteenwoordiger:

David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000