Geskiedkundige gebeure in die Verenigde State
17 JUNIE 2002 – Amerikaanse Hooggeregshof bevestig uitsprake wat dit in die 1940’s gelewer het. Dit het wetlike beskerming aan die openbare bediening van Jehovah se Getuies gegee (Watchtower Bible and Tract Society of New York, Inc. v. Village of Stratton)
AUGUSTUS 1998 – Aantal Getuies van Jehovah in die Verenigde State is meer as eenmiljoen
15 APRIL 1992 – In Pater v. Pater stem die Hooggeregshof van Ohio saam met vorige uitsprake deur ander hooggeregshowe, wat beslis het dat ’n laerhof nie die reg het om die toesig van ’n ouer weg te neem op grond van die ouer se godsdiens nie
30 OKTOBER 1985 – Hooggeregshof van Mississippi beslis dat ’n persoon se reg om behandeling sonder bloed te ontvang, beskerm word deur die reg op privaatheid en godsdiensvryheid (In re Brown)
31 AUGUSTUS 1972 – Appèlhof van die distrik Columbia beslis dat ’n staat die reg van ’n volwassene om ’n bloedoortapping te weier, moet respekteer as hy ten volle verstaan wat die gevolge van sy besluit is (In re Osborne)
30 NOVEMBER 1953 – Amerikaanse Hooggeregshof beslis dat een van Jehovah se Getuies wat as ’n voltydse bedienaar dien, van militêre diens vrygestel kan word as gevolg van sy sekulêre werk (Dickinson v. United States)
1944 – Vervolging van Jehovah se Getuies word minder
14 JUNIE 1943 – Amerikaanse Hooggeregshof verwerp die uitspraak in Gobitis en bevestig dat die verpligte vlagseremonie en eed van getrouheid Getuie-studente se grondwetlike reg op vryheid van spraak en godsdiensvryheid skend (West Virginia State Board of Education v. Barnette)
3 MEI 1943 – Amerikaanse Hooggeregshof kanselleer ’n wet wat vereis dat Jehovah se Getuies vir ’n permit moet betaal voordat hulle godsdienspublikasies kan versprei (Murdock v. Pennsylvania)
3 JUNIE 1940 – Amerikaanse Hooggeregshof bevestig dat dit vir studente in publieke skole verpligtend is om die vlag te salueer (Minersville School District v. Gobitis); dit veroorsaak vervolging teen die Getuies
20 MEI 1940 – Vir die eerste keer beslis die Amerikaanse Hooggeregshof dat beide die staat en plaaslike owerhede die Eerste Wysiging oor godsdiensvryheid moet respekteer. Die Hof beslis ook dat die bediening van Jehovah se Getuies nie moeilikheid veroorsaak nie (Cantwell v. Connecticut)
28 MAART 1938 – Amerikaanse Hooggeregshof kanselleer ’n wet wat vereis dat Jehovah se Getuies ’n permit moet kry voordat hulle godsdienspublikasies kan versprei (Lovell v. City of Griffin)
26 JULIE 1931 – Bybelstudente neem die naam Jehovah se Getuies aan
14 MEI 1919 – Kriminele rekord van hooflede van die Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania word teruggetrek; hulle is later onskuldig verklaar
20 JUNIE 1918 – Hooflede van die Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania word skuldig bevind en tronk toe gestuur omdat hulle materiaal uitgegee het wat volgens die owerhede nie die oorlog ondersteun het nie
4 MAART 1909 – Peoples Pulpit Association, wat later Watchtower Bible and Tract Society of New York, Inc. genoem is, word gevorm
31 JANUARIE 1909 – Bybelstudente skuif hulle hoofkwartier na Brooklyn, New York
15 DESEMBER 1884 –’n Regsentiteit wat later die Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania genoem is, word gevorm
1880’s – Bybelstudente begin ’n hoofkwartier in Allegheny, Pennsilvanië
JULIE 1879 – Eerste nommer van die tydskrif wat nou bekend staan as Die Wagtoring, word uitgegee
1870 – Charles Taze Russell en sy metgeselle vorm ’n Bybelstudiegroep in Allegheny, Pennsilvanië, en staan bekend as die Bybelstudente