Spring na inhoud

20 MEI 2015
VERENIGDE STATE

Jehovah se Getuies begin met die “Volg Jesus na!”-streekbyeenkomsreeks in 11 stede in die VSA

Jehovah se Getuies begin met die “Volg Jesus na!”-streekbyeenkomsreeks in 11 stede in die VSA

NEW YORK—Jehovah se Getuies sal op Vrydagoggend 22 Mei 2015 met die eerste “Volg Jesus na!”- streekbyeenkomste begin. Hierdie gratis openbare geleenthede sal oor die naweek by 11 vergaderplekke gehou word, insluitende die historiese Stanley-teater in Jersey City, New Jersey (hooffoto). Die Getuies verwag dat die daaglikse hoogtepunt in die totale aantal byeenkomsgangers by al 11 plekke oor die 41 000 sal wees.

J.R. Brown, ’n woordvoerder vir Jehovah se Getuies by hulle wêreldhoofkwartier in Brooklyn, New York, sê: “Almal wat ons uitnodiging aanvaar om saam met ons die streekbyeenkoms in hulle omgewing by te woon, sal hartlik verwelkom word, en ons is seker dat hulle bly sal wees dat hulle die tyd geneem het om te kom. Die ‘Volg Jesus na!’-streekbyeenkomste bied drie dae van fassinerende aanbiedings oor Jesus se dinamiese leringe, wat bedoel is om mense van alle ouderdomme en agtergronde te help.”

Tot Januarie 2016 sal Jehovah se Getuies sowat 5 000 “Volg Jesus na!”-streekbyeenkomste in 92 lande hou. Die program, wat deur die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies gereël is, sal in sy geheel of gedeeltelik in 347 tale, insluitende 55 gebaretale, aangebied word.

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000