Spring na inhoud

26 FEBRUARIE 2018
VERENIGDE STATE

Jongste nuus oor noodlenigingswerk ná orkaan Harvey

Jongste nuus oor noodlenigingswerk ná orkaan Harvey

NEW YORK — Mense wat in Texas in die VSA bly, is nog besig om te herstel ná die verwoesting wat deur orkaan Harvey veroorsaak is. Dit het op 25 Augustus 2017 die kus naby Corpus Christi getref. Twee noodlenigingskomitees is besig om die duisende broers en susters te help wat deur die orkaan geraak is.

’n Broer soek vir Jehovah se Getuies by ’n noodlenigingsentrum in Houston, Texas.

Meer as 7 000 vrywilligers help met die eerste stadium van die skoonmaakwerk, wat 2 300 huise van verkondigers insluit. Omtrent 1 000 vrywilligers help elke week met die meer uitgebreide konstruksiewerk. Tot dusver is 48 Koninkryksale reggemaak, en daar word beplan om meer as 545 huise in die komende maande reg te maak. Daar word geskat dat die noodlenigingswerk in hierdie gebied alleen omtrent 8,5 miljoen dollar sal kos en dat die werk teen 30 Junie 2018 klaar sal wees.

Sedert die einde van Augustus 2017 het altesaam 22 takverteenwoordigers, insluitende 7 Takkomiteelede, die rampgebied besoek om die verkondigers wat geraak is, uit die Bybel te versterk en te vertroos. Ons bid dat almal se ‘hande versterk sal word’ wat betrokke is by die noodlenigingspogings. — Nehemia 6:9.

Noodlenigingswerkers in Aransas Pass, Texas.

Mediaverteenwoordigers:

David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000