Spring na inhoud

25 SEPTEMBER 2014
VERENIGDE STATE

Nuusdekking van internasionale byeenkomste: Getuies hou geskiedkundige byeenkomste by die MetLife-stadion

Nuusdekking van internasionale byeenkomste: Getuies hou geskiedkundige byeenkomste by die MetLife-stadion

NEW YORK—Op 20-22 Junie en 27-29 Junie 2014 was die MetLife-stadion in Oos-Rutherford, New Jersey, vol Getuies van Jehovah wat bymekaargekom het vir die “Hou aan om eers God se Koninkryk te soek!”- internasionale byeenkomsreeks. Die program is onderskeidelik in Engels en Spaans aangebied.

Die bywoningshoogtepunt vir al twee naweke was altesaam meer as 118 000, wat beteken dat hierdie twee samekomste die Getuies se grootste byeenkoms in New York se stadsgebied in dekades was. Meer as 407 000 mense in ander stede kon sekere dele van die program geniet deur middel van ’n videoverbinding. Die totale bywoningsyfer was dus meer as 525 500.

Baie programdele het demonstrasies en video’s ingesluit wat die praktiese toepassing van Bybelbeginsels toegelig het. Albei byeenkomste is elke dag afgesluit met ’n toespraak deur ’n lid van die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies. David Splane het op 20-22 Junie toesprake gelewer, en Geoffrey Jackson op 27-29 Junie.

Elke byeenkoms het ook ’n doopplegtigheid ingesluit. Daar is 1 255 mense by die stadion gedoop, en nog 2 930 is gedoop in ander stede wat die byeenkoms deur middel van ’n videoverbinding bygewoon het. Daar is dus altesaam 4 185 gedoop.

Die gehoor het afgevaardigdes ingesluit uit Argentinië, Australië, Belize, Brittanje, Chili, Costa Rica, Duitsland, El Salvador, Griekeland, Guatemala, Honduras, Italië, Maleisië, Mexiko, Nicaragua, Panama, Peru, Spanje en Venezuela.

J.R. Brown, ’n woordvoerder van Jehovah se Getuies, het gesê: “Hierdie geleentheid het baie van ons herinner aan ons geskiedkundige byeenkoms van 1958 in New York. By die Yankee-stadion sowel as die destydse Polo-terrein het meer as 253 000 hierdie geleentheid bygewoon. Die byeenkomste by die MetLife-stadion hierdie jaar sal beslis as ’n mylpaal in die geskiedenis van Jehovah se Getuies beskou word.”

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000