9 DESEMBER 2015
VERENIGDE STATE
Bouwerk aan Jehovah se Getuies se nuwe wêreldhoofkwartier voor skedule
NEW YORK—Gedurende Augustus tot Oktober 2015 was die bouterrein van die nuwe wêreldhoofkwartier van Jehovah se Getuies in Warwick, New York, ’n miernes van bedrywighede met 3 800 vrywilligers wat elke dag aan die projek gewerk het.
Sedert daar in Julie 2013 met die projek begin is, het meer as 18 000 Getuies uit elke staat, insluitende Alaska en Hawaii, aan die projek kom werk. Tussen 400 en 500 persone kom elke naweek hier aan, maar in die besigste tyd het hierdie getal gestyg tot meer as 700 werkers. Baie van die vrywilligers het aangebied om tussen een en vier weke lank daar te werk.
Richard Devine, voorsitter van die Bouprojekkomitee by Warwick (CPC), het gesê: “Met duisende wat daagliks hier werk, kan die bouterrein maklik oorvol raak. Om hierdie probleem te bowe te kom en te verseker dat als glad verloop, het ons ongeveer 400 van die dagskofwerkers toegewys om van 15:00 tot 2:00 te werk.” Hulle het hierdie tweede skof tussen Mei en September gewerk.
Die CPC sê dat twee van die vier woongeboue, soos beplan, teen Januarie 2016 voltooi sal wees. Maar volgens mnr. Devine is “die hele projek danksy uitstekende samewerking vier maande voor skedule”. Die ander twee woongeboue asook die kantoor- en instandhoudingsgeboue sal teen 1 September 2016 voltooi wees.
Mediaverteenwoordiger(s):
Internasionaal: J. R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000
Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000