Spring na inhoud

23 MEI 2013
VERENIGDE STATE

Tornado in Oklahoma

Tornado in Oklahoma

Op 20 Mei 2013 het ’n twee kilometer wye tornado, met windsnelhede van meer as 320 kilometer per huur, verwoesting gesaai toe dit deur Moore, Oklahoma, suid van die stad Oklahoma, getrek het. Volgens mediaberigte het 24 tot dusver gesterf, insluitende 10 kinders. Geen sterftes is aangemeld onder Jehovah se Getuies wat in die geteisterde gebied woon nie. Een Getuie word vir beserings behandel. Noodlenigingskomitees wat uit vrywillige Getuies bestaan, sien om na die onmiddellike behoeftes van slagoffers deur voedsel, water en geestelike vertroosting te voorsien.

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J. R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000